Monday, 7 March 2011

Afrikaanse Mondeling Graad 3

Hierdie is vir alle mammas wat hulle kinders wil help met mondelinge. Sit jou komentaar in sodat ons al die ander mamma's ook kan help.


Waar begin ek met 'n afrikaanse mondeling?

'n Mondeling het 3 dele:
  1. Opening
  2. Lyf
  3. Slot

Die volgende is belangrik om te onthou:
  • Jy moet die gehoor se aandag binne die eerste 5 sekondes trek
  • Die slot moet die opening afsluit
  • Vir graad 3 is omtrent 5 items in die lyf oor as genoeg
  • 'n Mondeling is 'n wonderlike manier om te leer hoe om 'n mind map te maak
  • 'n Mind map help die outjies ook later met hulle opsommings

Die stappe om 'n mondeling voor te berei:
  1. Maak 'n mind map
  2. Skryf die mondeling
  3. Maak flits kaarte

Maak die mind map...
  • Neem 'n skoon blaai en maak 'n ovaal sirkel in middel
  • In hierdie sirkel skryf jy die hoof gedagte van die mondeling neer. Die hoofgedagte is waaroor die modeling gaan.
  • Maak nou 7 sirkels om die middelste een
  • Skryf in twee van die sirkels die volgende woordjies: opening, slot
  • Kies 5 goed wat jy kan se oor die hoofgedagte/onderwerp. Dit kan iets wees soos, hoekom ek daarvan hou, hoekom is dit spesiaal, wat kan ek met dit doen, wat kos dit, waar kan ek dit kry/koop, hoe maak ek dit...
  • Nou dat jy weet wat jy gaan se, moet jy dink hoe jy kan begin. Jy kan begin om iets snaaks oor die hoofgedagte te vertel, of 'n storie wat jou daaraan laat dink
  • Jy weet nou wat jy gaan se en hoe jy gaan begin
  • Nou moet jy besluit hoe om te eindig. Jou einde kan vir die klas se hoekom die hoofonderwerp vir jou lekker is, of wat hulle kan doen, of weer 'n grappie of 'n storie.

Skryf jou Mondeling:
  • Vat nou elke een van jou mind map sirkeltjies en nommer hulle in die volgorde wat jy gaan praat
  • Skryf nou wat jy oor elke nommer neer en presies wat jy gaan se.

Maak flits kaarte
  • Flits kaarte is daar om jou te help om jou gedagtes in die regte volgorde te hou
  • As jy 7 sirkels het moet jy 7 kaartjies maak
  • Die kaartjies moet groot genoeg wees om lekker vas te hou
  • Nommer jou kaartjies
  • Lees elke een van jou sirkels se sinne deur en kyk watter 2 tot 3 woordjies jou sal laat onthou wat om te se
  • Skryf hierdie twee of drie woorde op die regte genommerde kaartjies neer


Nou moet jy voor die spieel gaan oefen. Maak seker jy kyk vir almal in die klas wanneer jy jou mondeling se.



Onthou, hoe meer jy oefen hoe makliker word dit!!

1 comment: